Lugsteuring

Bid Vir My

Ek voel veilig as ek verlore is
Ek voel bang as ek lê
vir daai man sonder naam
wat op elke drumpel
van elke deurkosyn staan

Fok Jou
Fok jou
Ek fokkin weet ek is verkeerd
Ten minste probeer ek om my self te oorreed
dat daar iets beter vir ons is

Ek wil spontaan aan die brand slaan
Ek word konstant bewus gemaak
waarheid en vrede
het jy lankal uit my woordeskat gekrap
Ek fokkin weet dit is verkeerd

Bid vir my
Bid vir weerlig in die reën

Sielswartgat

Koop vir my 'n kaartjie huis toe
Ek het fokol geld
Koop vir my 'n huis op 'n plaas
en ons sal dans
as dit donker raak

Maak my groot en breek my
Maak my groot en breek my af
Dis 'n bose kringloop
en onder draai die duiwel rond

Lyk mooi
want die verlede sal ons altyd inhaal
sorgeloos eenvormig
in ons klein beige paleisies
aan die buitewyke van kakstad
raak ons sielsiek, oorgewig
Kom stagneer in jou fokkin klug

Leer my om my kinders te vermoor
Leer my hoe om alle liefde te versmoor
En onder draai die duiwel rond

Dit is nutteloos
daar is geen antwoorde daar buite nie
maar ek's nog lank nie klaar getwyfel nie
Te veel dae van vaal wees en vrae vra
Te veel dae van passief bly en stil staan

Dankie vir alles
Dankie vir alles
Dank u
Dankie
Vir hierdie moerse fokkin gat in my
waarin als wat mooi is in verdwyn
ek dra nou hierdie glimlag by my

Sporadies Nomadies (Kom Dans)

Kom dans saam
Ons is almal ewe skaam
Kleptomanies oor blink oë
en suiwer taal

My vingers is al geel gekontempleer
geïrriteerd met die gemak
wat ek in twyfel kry
te dronk om te baklei
lafaard maar grootprater nes jy

Gemene swerweling
struikel swaar pad voorentoe
die eentonigheid
van flou verskoning soek
in die denkbeeldige
plastiek probleem mentaliteit van my

Kom stem saam
Ons is almal deurmekaar

Lugsteuring

Die toeskouers se breindood glimlae raak te veel vir my
Die pyn van verwaantheid
martel al die murg
by my gebeendere uit
Vir almal wat onkundig is
wees bly
Gee vir my jou siel
of ek sal hom moet steel
Ek is seker maar net verveeld
Ek is seker maar net verveeld
Wat moet ek doen om weer lewendig te voel?

Ek is die haat wat jou forseer
om jouself aan te rand
Ek is die pyn wat wegkruip
in als wat jy wil versteek
Ek is die wroeging in jou waansin
die geluk wat jy wegeet
ek is die een wat jou wil red
en dan martel

Wat is fout met my?
Kan ek 'n professionele diagnose kry?

Ek wil net nie verveeld wees in
hierdie lewenslang kleedrepitisie nie
Is die monster wat jou jaag
emosionele progressie?

Is jy die enigste vyand van
spirituele tegnologie?
Ons oë is vervang met skerms
en ons siele met prentjies van die see

Daar's nog baie bier
om te drink
en kak om te praat
voor ons die wêreld begin regmaak
My kop raas al vir dae
en my fokkin oë
bly fokkin swaar

Daar's nog baie brein
om te spoel
voor die verlore gevoel
gaan verdwyn
so, hello toetssein
Toetssein
Toets my

Tonnelvisie

As hierdie bloedrooi oë kon sien
hoe laat dit werklik is
hoe laat ons almal is
hoe kaal ons eintlik is

Projekteer jou demone
teen die kombers
fukt van sigaretstompies
en ek wou vir jou my hart
maar daar's gate in gebrand

Ek blameer dwelms
Ek blameer druk
vir die heruitsending

Ek teken vir my 'n kaart
en maak dit vol met doodloopstrate
Ek het altyd geweet
dat ek niemand sou wees
Ek het al my gevoelens verniet weg gegee

Daar is gif in jou kinders se kos
daar is tydbomme in gapings
van opvoeding gelos
Ek het al my gevoelens verniet uitgedeel

Ontken Altyd Alles

Vrede gevind
met die teenstrydigheid wat in
die are van my dorp versprei
ek het te lank terug gedink
te lank terug gesig gewys
al my grense wat verskuif

Met my voete diep
onder die slyk van stil rivier
my koppe in wolke
hande van dier

Dis net natuurlik so
ek is net natuurlik hoog

Jy verdoof die deel
wat tyd so skelm steel
ek sal volgende jaar
begin
bedaar

Gaan jy jouself dan nou kluisenaar hou
geweerloop teen die tempel
nie in die mond nie
onthou
Veels geluk met my vetraagsdag
impulsiewe huiwering
as daar ooit 'n spesiale boodskap was vir my
het ek dit mis gekyk
my liedjie van die jaar
het ek perongeluk
oorgetape

Die Grootste Gaping

Ons is leeg, want ons wil wees
ondergrondse bourgeoisie
as jy 'n eerlike opinie soek
hou op lieg

Lang strate wat soos heiligdom
die ewigheid in reis
as jy ooit hulp nodig het
sal ek jou kan verwys

Gooi jou hande in die lug
en prys die duisternis
soos die woonstelblokke
soos die kinders van die aand
onvervangbaar

Ons is leeg, want ons wil wees

En in sirkels sal ons volg oppad
na die beloofde land
verlore deel wat wegkruip
in die wolkbreek oor die veld

Rys jou hande vir die klug
en bind die duisende
slawe wat vol maag staan
en vir nog reklame vra

soos die kinders van die maan
onverklaarbaar

Ons soek die aandag
van die breinlose gehoor
Ons soek die hongersnood
die dringende gebrek aan energie
Ons is opsoek na die soeke na iets

Ons is leeg, want ons wil wees

My Lys Verskonings

Jy praat van revolusie
Ek praat van die enigste
uitweg van my voortbestaan
jou ondergang
my bestaan

Miskien dra ek die letsels van my gedrag
en die skete van my onverantwoordelikheid

"Wit Kaffir, Kind, Kont!"
gaan bloei buite op die grond
op die strate waar jy so graag wil hoort
Model C. ondergemiddeld. onderpresteer
Sal jy my verstaan as ek
soos Jesus Christus maak
en gekruisig langs die pad lê?
Sal jy my verstaan?

Miskien dra ek die letsels van my gedrag
en die skete van my onverantwoordelikheid

Leeglê Drome Droom

Kompeteer
Het ek nog 'n siel?
Is hy besig om te skree?
Ek dog ons almal probeer voorentoe beweeg

My kop kap
teen die ruit van die kar
my oë oop
en my sigaret aan
Het jy dit ook gehoor?
Ons paradys verdwyn
tussen dof geel lig en selfoonsein
Dogma
Dog maar net ek sê
Daar's geen vlag wat ek met trots sal dra nie
so haat my want ek vrees my nasie

Ons het ons konneksie met mekaar verloor
Mensdom
Ons nasie sal ons eendag?
Een liefde, geen klas

Klein Kamer
Klein dorp
Klein Land
Klein kop

Tevrede?

Mikrogolfoond mense marseer
wanbegrip, wanbalans, wanbeheer
Weggedraai
met die son op hul rûe
Ek verkies die son op my gesig
Ek sal nooit weer terug gaan nie
Ek sal nooit weer terug gaan nie
Ek sal julle nooit tevrede
Tevrede stel nie

Hou jou kop vas
Die probleem is net dat
ek nie weet wie ek is nie
Hierdie gaan nog lank vat
Hierdie gaan nog seermaak

Kan ons maak of ons vir ewig kan leef
sal ons, ons geheime boodskappe vergeet
Fluister kliphard
Speel so sag as wat jy kan
Soen so veel as wat jy wil
Hou my net vas
Die werklikheid is dat
ek nie weet wie ek is nie

Angs Aanval

Hoe lank?
Hoe lank voor ons hier kan wegkom?
Hoe anders is 'n
Hoeveel anders is 'n ander plek?
Ons het dan dieselfde siekte
Ek heroorweeg die rol wat ek
in hierdie spel moet speel

Hierdie is die koorsang
van ons middelmatigheid
Die pynvolle aanvaarding
van ons onoorspronklikheid
Juig besmette asem uit
my moë longe uit
Verwerp die lewenslange stryd
vir 'n plekkie in jou koninkryk

Moenie so fokkin verveeld lyk nie
Ek dog jy sal bly wees om te hoor
My onselfsekerheid
het die beter van my gekry
Ek dog jy sou bly wees om te hoor

Jy ken nie die helfte daarvan nie
moenie maak asof jy beter
my beter kan verstaan nie
Jy ken nie die helfte daarvan nie

Tiny Town

In wrede woede het ek die
hand wat beheer gebyt
Verwyt myself op harder en harder grond neer gesmyt
Dis nou ek wat die leiband lei
Te veel verskeur om sulke argumente ernstig op te neem
Miskien is niks soos wat ek dink dit is nie
My greep op my geloof glip gereeld
My wonde wonder waar genesing kom vandaan
Soet slaap sonder sonde vanaand

Miskien is niks soos wat jy dink dit is nie
Jou greep op jou geloof glip gereeld
Jou wonde wonder waar genesing kom vandaan
Soet slaap sonder sonde vanaand