Brand Suid-Afrika

Tieneraksie Einde

tienerangs was 'n hoe muur om teen uit te klim
net om weer vas te sit in die hakkiesdraad
wat die naiwïteit is
dit raas al fokken jare
wit kinders van Afrika
dankbaar wees dat jul nog leef
wat maak jul hier
en waar kom jul vandaan?

ek neem aan dat ek altyd alleen sal staan
dis makliker om mense so
in die oë te staar
die weer is plesierig hier
daar's net geen plek vir my
om my kop neer te lê nie

selfmoord het baie van ons weggedra
drank en die duiwel het gesorg vir die res
massiewe koopkrag, maar wanaangepas
viva!
viva die middelklas!
die waarheid lê daar buite
maar al die leuens bly hier binne in ons
kwaadaardige gewas

ek neem aan dat ek altyd alleen sal staan
dis makliker om mense so
in die oe te staar
Die weer is plesierig hier
daar's net geen plek vir my
om my kop neer te lê nie

Brand Suid-Afrika

vir jou is daar nog messe wat wag
in die bosse buite jou huis in die nag

ons sal mos veilig wees
ons sal mos veilig wees
ons hou ons gewetens skoon
ons sluit toe die deur

ons het petrol gevat
en ons het al ons brûe afgebrand
voordat ons aan die anderkant was

en ek besef nou
en ek besef nou eers

bloed en yster
bloed en grond
bloed en olie
bloed en grond
bang en lui en desperaat
daar's niks nuuts onder die son nie
en in die skaduwee
brand Suid-Afrika

wat weet ek van eerlik wees
my gewete syfer deur
my wakker lewe is hierdie ou man se geheue

en ek besef nou
en ek besef nou eers

bloed en yster
bloed en grond
bloed en olie
bloed en grond
bang en lui en desperaat
daar's niks nuuts onder die son nie
en in die skaduwee
brand Suid-Afrika

en ek besef nou
en ek besef nou eers
die Ossewabrandwag
het gisteraand die munisipaliteit opgeblaas.

bloed en yster
bloed en grond
bloed en olie
bloed en grond
bang en lui en desperaat
daar's niks nuuts onder die son nie
en in die skaduwee
brand Suid-Afrika

en ons vir jou

landmyne van skuldgevoelens
in 'n eenman-konsentrasiekamp
jy kla oor die toestand van ons land
wel fokken doen iets daaromtrent
brand Suid-Afrika

Klipgooi Glashuis

Moenie bang wees nie
gee jouself weg
vir absoluut niks nie
word deel van die battery
waarna niemand sal luister nie
ons is in elk geval dieselfde

koolstof kopieë
met slange vir vriende
dwelms is skelm
en het al my woorde gesteel
ons soek 'n podium
iets van betekenis
nou dat ons ouer is

word die rook al hoe dikker in
my longe ingeasem
doen ons Prozac in plaas van Ritalin
drink ons op jou
wat sy drome kan onthou

jy's nie generies nie
ek's net pateties
dis redelik frusterend maar
ek wil net iets warm vashou
die emosionele hel
waarin ek myself bevind
nou dat ons kouer is

word die rook al hoe dikker in
ons atmosfeer in gebliksem
'n weermag hyskrane op die horison
beskerm jou deur om jouself toe te bou

vasgepleister in woonkamers
in voorstede
soek ons grasie van ons doemprofete
ek lys my nuweweeks-voornemens magteloos
verplig en beskuldig
inspirasie vasgeverf in wit
noudat ons, ons ouers is

word die rook al hoe dikker in
my longe ingeasem
doen ons Prozac in plaas van Ritalin
drink ons op jou
wat sy drome kan onthou

Hemel Op Die Platteland (Akoestiese Weergawe)

kan jy my skroewe vir my vasdraai?
kan jy my albasters vir my vind?
kan jy jou idee van normaal by jou gat opdruk?
kan jy apatie spel?
kan iemand dalk 'n god bel
en vir hom sê ons het hom nie meer nodig nie
kan jy apatie spel?

reguleer my, roetineer my
plaas my in 'n boks en merk dit veilig
stuur my dan waarheen al die dose gaan
stuur my hemel toe ek dink dis in die platteland
dis hemel op die platteland

kan jy jou idee van normaal by jou gat opdruk?
kan jy apatie spel?

dis hemel op die platteland