As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand

As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand

elke oggend is ek in die hel
ek word wakker en die vlamme brand my vel
sal ek ooit rêrig kan opstaan en nie my bed mis nie
gee my alkohol, gee my 'n lewe
gee vir my raad; gee vir my 'n rede
sodat ek kan opstaan, verlore gebore
elke keer as ek glimlag raak dit net swaarder
kan ek ophou lewe na vandag
als is weg draai jou ander skouer dan's als reg
hoekom raak ek so kwaad? ek vind ek raak so kwaad
en ek skree god, maar dis niks werd nie
daar is iets beeldskoon in die donker nag

Maak Of Braak

tuisgemaakte sosiale-wapen, onbekende handgebare
dooie mense maak asof hulle my ken.
in die begrafplaas waar ek bly lag al die geraamtes vir my
maar hulle is onbewus dat ek stuk vir stuk my hart by my keel afdruk
drink nou hierdie bloed van my. dis al wat ek het wat jy kan kry
ek het spesiaal my are vir jou oopgesny
sĂȘ net dit lyk mooi
die ewige kind agter in my kop bewe benoud
en krap oop sy toegestikte mond
nes stilgebore babas huil ek nie oor die onregverdigheid
van die lewe nie. niemand lewe rêrig nie.
ek het al my kos en geheime opgegooi
sê net dit lyk mooi sê net dit lyk mooi
ek het al daai fokkin' kak gesluk, myself probeer verdrink
sê net dit lyk mooi sê net ek is mooi
paniekbevange angstig en alleen
prins van donkerte ek dien myself alleen

Verklaar

ek verklaar ek sit nou met niks nie
ek glo nie ek gaan beter raak nie maar vanaand gaan ek groot
en ek vat jou saam soos 'n storie sonder storielyn
ons harte poes toe van pyn
en ek hardloop en skree
mislei my nog een keer
is dit rêrig nodig om soos jy te wees
ons sing al jare saam aan ons doodslied
die leuenaar in my is die leuenaar in jou
en ek vat jou saam soos 'n storie sonder storielyn
ons harte poes toe van pyn
en ek hardloop en skree
mislei my nog een keer

Hemel Op Die Platteland

kan jy my skroewe vir my vasdraai?
kan jy my albasters vir my vind?
kan jy jou idee van normaal by jou gat opdruk?
kan jy apatie spel? kan iemand dalk 'n god bel
en vir hom sê ons het hom nie meer nodig nie?
kan jy apatie spel?
reguleer my, roetineer my
plaas my in 'n boks en merk dit veilig
stuur my dan waarheen al die dose gaan
stuur my hemel toe ek dink dis in die platteland
dis hemel op die platteland

Vernietig Jouself

kom ons sing oor kuier op stellenbosch
met rooiwyn en sigarette sit ons in 'n minimumveiligheidstronk
kom ons sing oor presteer in 'n sisteem van gehoorsaamheid
kom ons sing oor jou verleppende persoonlikheid
vernietig jouself
daar is 'n drang in my, 'n instinktiewe haat
vir instansies van die bewussyn, konditioneer my
die bybel van pyn
ons almal pak die kole ons almal stook die vuur
ons almal bou die mure wat idees bestry
ons is die rebellie wat misluk het
ons almal kak die reëls uit waaraan ons almal verstik het
vernietig jouself
dis moeilik om die kettings af
hulle maak dit aan jou binnegoed vas
dis moeilik om die kettings af te breek

Tygerberg Vliegtuig

as 'n vliegtuig sou kon val bo-op tygerberg vanaand
sou ek al my voornemings oorweeg
dis makliker om in te gee voor die tradisiemasjien jou kom haal
dis die gevoel van "iets moet breek", dis die ingeboude vrees
ek's gebore met 666 op my kop getattoëer
ek probeer net vasklou aan wie ek is
dis op die tv en dis in my brein
dis aaklig om te sien hoe die skaap-mentaliteit ons kry
ons almal werk saam aan afrikaanse amerika
algemene denkdisfunksie lees net mooi en volg dan
al die instruksies wat hul vir ons gee
werk, trou en kinders kry en moontlik dan aan depressie ly
iemand moet vra hoekom
ons almal vrek alleen
ek probeer net vasklou aan wie ek is

Fokofpolisiekar

al die fucked-up kinders rook, maar kyk mooi daar is iets anders fout.
en ek wil beter verstaan wat is die oorsprong van my haat.
en nou is dit ses jaar later en soms is als nog steeds dieselfde
daar is minder tyd

my verskonings is al klaar gebruik, al my verstand is al klaar uitgesuip.
en ek wil beter verstaan.......

fok off fokofpolisiekar
fok jou polisieman
poes off polisieman